Vier Kersfees saam Dewald

Vier Kersfees saam Dewald

Dewald Wasserfall is een van die vele kunstenaars wat eersdaag by Kersfees Extravaganza te sien is. As Dewald Wasserfall sy Kersfees wenslysie na Kersvader toe moes pos, wat is die 10 geskenke wat hy daarop sou aandui as iets wat hy hierdie jaar onder die Kersboom sou wou kry?

1. Chocolates wat nie vetmaak nie.

2. ’n Petroltenk wat nooit leegraak nie.

3. ’n Robot wat namens my kan gym toe gaan.

4. ’n Coldplay Live 2012 DVD (Beste live show in die wereld, ooit).

5. ’n GPS met Steve Hofmeyr en Theuns Jordaan se stemme op.

6. Een van daai T-Shirts wat lyk sos ‘n six-pack.

7. ’n Regte six-pack.

8. ’n Staatspresident wat meer omgee oor sy mense as oor homself (hoef nie onder die boom te wees nie, laai sommer direk by die Uniegebou af).

9. My familie (Ek was 4 jaar laas by die huis oor Kersfees).

10. Vrede.

Hy het dié lysie met Ja.FM gedeel!