Nuwe Manie video pas vrygestel

Nuwe Manie video pas vrygestel

Manie Jackson doen dit wéér! Jackson wat eersdaags deel van die grootste kersproduksies, Kersfees Extravaganza is, se nuutste musiekvideo ‘Amazing Grace’ is pas vrygestel!

Manie se eerste gospel album ‘Dankie Heer’ is vroeg in Oktober bekend gestel. Die duet, ‘Fire Within Me’ se musiekvideo het kort ná die vrystelling gevolg.

Manie Jackson saam met Gerhard Steyn,  Louis Loock, Willem Botha, Nádine, Brandon October, Dewald Wasserfall, Rouchelle Liedemann, Jay en Lianie May gaan sorg vir ‘n onvergeetlike produksie.

Klik hier om jóú Kersfees Extravaganza kaartjies te koop!

Kyk Manie se nuwe video hier: