Nádine verander in Sneeuwytjie

Nádine verander in Sneeuwytjie

“Hare so swart soos roet, vel so wit soos sneeu, lippe so rooi soos bloed…”

‘n Splinternuwe Afrikaanse pantomime leef van 6 Mei tot 12 Junie 2016 op die verhoog van Emperors Palace. Vars op die hakke van die opspraakwekkende Aspoestertjie gee Sneeuwytjie, magiese gestalte aan die tydlose vraag “Spieeltjie, spieeltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”

Dié produksie spog met groot name in die Suid-Afrikaanse musiek en- teaterwêreld, ook aan beide kante van die verhoog: Die immergewilde Nádine wat deel uitmaak van Kersfees Extravaganza as Sneeuwitjie en die legendariese Angela Kilian as die bose Koningin, met die gesogte Heidi Edeling as Musikale Regisseur.

Reynardt Slabbert maak die sprong van TV na verhoog en sluit by hulle aan as die Prins, terwyl gunstelinge soos Tiaan Rautenbach en Clint Lesch weereens gehore gaan laat skaterlag.

Onder die vaandel van Add-Life Productions – vervaardigers van Ester, Droomkind, Liefling, From The Footlights en natuurlik Aspoestertjie – en met Regisseur Weslee Lauder aan die stuur, beloof Sneeuwytjie om nog ‘n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees.

Bring die hele gesin na ‘n wonderwêreld van klank en kleur wat kinders sal betower, en grootmense weer soos kinders sal laat voel!

Kaartjies is nou beskikbaar by Computicket!