Gerhard Steyn gesels kersplanne

Gerhard Steyn gesels kersplanne

Die bekende musiekster, Gerhard Steyn is ook by Kersfees Extravaganza wat eersdaags in jóú omgewing opgevoer gaan word. Dié kunstenaar het met ons gesels oor sy kersplanne en herinneringe.

Steyn vertel dat al die gunsteling Kersliedere met hierdie produksie gesing gaan word. Dit is vir hom ’n voorreg om Kersfees op dié wyse aan baie mense, dwarsoor die land te bring. Dit is vir hom ’n vreugde om in die Kersseisoen betrokke te wees by ‘n Kersfees produksie.

“Ek poog om elke jaar die 24 en 25 Desember tuis te wees. Ek en my vrou nooi my ma, broers, skoonfamilie, en al die naaste familie om Kersdag saam met ons te kom vier. “Kersfees is ’n spesiale dag en ek koester hierdie familietyd” vertel Steyn oor sy gunsteling kersherinneringe en brei dan uit met ’n waardevolle aanhaling by: “Family is not anything, it is the only thing”

Steyn sê dat hy oor Desember op die pad gaan wees.

Jy wil nie Gerhard Steyn by Kersfees Extravaganza misloop nie. Klik hier om jou kaartjies te koop!